Soorte resepte:

Resep-video: Kersfeeskoekies

Kersfeeskoekies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dis nog nie te laat om jou vakansiekoekies te bak nie!

Bestanddele:

  • 300 g margarien
  • 1 ¼ koppie suiker
  • 1 eier, geklits
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 500 g koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • ʼn knippie sout
  • groen kleursel
  • rooi kleursel

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Room die margarien en suiker saam.
  3. Voeg die eier en vanieljegeursel by en meng goed.
  4. Sif die meel, bakpoeier en sout by die bottermengsel en knie goed.
  5. Verdeel die deeg in drie balle. Kleur een bal met die groen kleursel en ʼn ander met die rooi kleursel. Los die derde bal sonder kleursel.
  6. Breek klein stukkies van elke kleur af en plaas dit afwisselend op ʼn bakplaat.
  7. Sit waspapier bo-oor en rol die deeg goed uit sodat die kleure meng. (Jy kan stukkies deeg byvoeg om die plaat vol te maak.)
  8. Haal die waspapier af en druk koekies uit met ʼn koekdrukker.
  9. Gebruik die deegvorms om balletjies te rol.
  10. Plaas die balletjies op ʼn oondbak en druk dit plat met ʼn teelepel.
  11. Bak vir ongeveer 20 minute teen 180°C.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.