Soorte resepte:

Resep-video: Krimpvarkies

Krimpvarkies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dié lekkerny is so net-net nie ʼn ystervarkie nie. Dié krimpvarkies is heelwat makliker, maar net so lekker soos hul ystervarkie-ouboet.

Bestanddele

  • 1 x koekmengsel (en bykomende bestanddele)
  • 125 g sjokolade
  • 1 t vanieljegeursel
  • 2 e (10 ml) melk
  • 10 e klapper

Krimpvarkies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Metode

  1. Maak die koekbeslag aan volgens die aanwysings op die pakkie. (Óf volg jou eie vanieljekoekresep.) Skep dit in ʼn bruintjie- of muffinpan en bak volgens aanwysings.
  2. Smelt al die sjokolade in ʼn bakkie tot loperig. Voeg vanieljegeursel en melk by en meng goed.
  3. Gooi die klapper in ʼn bord uit.
  4. Wanneer die koekies klaar gebak is, laat dit afkoel en haal uit die pan.
  5. Doop die bokant van elke koekie eers in die sjokolade en rol dit dan in klapper. Maak seker jy bedek die hele bokant van die koekie.
  6. Bêre in die yskas sodat die sjokolade nie smelt nie.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

E.K. die eerste ·

Dit lyk op die foto of een van hierdie mini broodpannetjies gebruik is en ek moet se dit lyk nou nogals na ‘n krimpvarkie! Heel oulik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.