Soorte resepte:

Resep-video: Mmm … Mielietert

Mmm … Mielietert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Braaivleis, braaibroodjies en mielietert. Waarvoor meer kan jy vra vir die naweek?

Lewer 1 groot, of 2 blikbord-grootte mielieterte

Bestanddele

  • 2 blikkies geroomde mielies
  • 4 eiers
  • 4 e (60 ml) botter, gesmelt
  • 2 e suiker
  • 4 e koekmeel
  • 1 e bakpoeier
  • sout

Metode

  1. Meng die geroomde mielies, eiers en botter saam.
  2. Voeg dan die suiker, koekmeel, bakpoeier en sout by en meng weer.
  3. Spuit bak of twee blikborde met kossproei. Giet die mengsel in voorbereide bak(ke) en bak vir 1 uur teen 180 °

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

George, ek glo die tyd is reg, ek het n ander mielietert resep en tyd is ook n uur, maar ek moet sê, kyk maar met die oog, want ek het al n koekresep gehad wat gesê het 30 minute en toe was die koek omtrent n uur in die oond voordat die pennetjie skoon uitgekom het, maar met 4 eiers kan dit maklik n uur wees vir die tert om te set.

Anna ·

Heerlik, ons het dit vanaand saam met braai gemaak. Het allerhande ander voorstelle soos n skep roomys saam met die tert gekry. Dit is lekker genoegvir nagereg ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.