Soorte resepte:

Resep-video: Nuwe-kleintjie-kolwyntjies

Nuwe kleintjie-kolwyntjies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié oulike kolwyntjies verklap baba se geslag!

Bestanddele

  • 1 x vanielje-kolwyntjiemengsel en bykomende bestanddele (vir 12 kolwyntjies)
  • pienk of blou malvalekkers
  • 280 g botter, sag
  • 560 g (4 k) versiersuiker
  • 4 t melk
  • ½ t vanieljegeursel
  • blou en pienk kleursel

Metode

  1. Maak die kolwyntjiebeslag aan en bak die kolwyntjies volgens die aanwysings op die pakkie.
  2. Nuwe kleintjie-kolwyntjies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

    Laat die kolwyntjies behoorlik afkoel.

  3. Sny ʼn sirkel in die bokant van die kolwyntjie, hou versigtig die sirkel-“doppie” van die afgesnyde deel eenkant. Skep nou ʼn bietjie van die kolwyntjie uit.
  4. Smelt die malvalekkers en skep dit in die gaatjie in die kolwyntjies. As die malvalekkers te taai is, kan jy ʼn bietjie olie aan jou hand smeer en balletjies met jou hande maak en dit dan daarin sit.
  5. Sit die doppie weer op.

VERSIERSEL

  1. Room botter en versiersuiker saam, gooi melk en vanielje in en klits goed.
  2. Kleur die versiering met blou en pienk kleursel.
  3. Gebruik ʼn spuitsak en skep ʼn lepel vol pienk versiering en ʼn lepel vol blou versiering daarin.
  4. Versier nou die kolwyntjies.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.