Soorte resepte:

Resep-video: Op-die-nipper-vrugtekoek

Op-die-nipper-vrugtekoek (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Die heel maklikste vrugtekoekresep. Enigeen kan dit bak!

Lewer 1 vrugtekoek

Bestanddele

  • 125 g sagte botter of margarien
  • 3 groot eiers
  • 60 ml melk
  • 1 e konfyt van jou keuse
  • 1/3 k bruinsuiker
  • ½ k klam bruinsuiker
  • 250 g bruismeel
  • 120 ml brandewyn
  • 500 g vrugtekoekmengsel

Metode

  1. Meng al die bestanddele, behalwe die vrugtekoekmengsel en brandewyn, saam in ʼn mengbak. Moenie oormeng nie.
  2. Roer nou die vrugtekoekmengsel en die helfte van die brandewyn ook by.
  3. Voer ʼn broodpannetjie uit met waspapier en gooi die beslag daarin.
  4. Bak vir 1 uur en 15 minute teen 150 °
  5. Wanneer die koek afgekoel het, druk gaatjies met ʼn sosatiestokkie in en gooi die ander helfte van die brandewyn oor. Laat staan oornag, of eet dadelik.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Susan ·

Is dit n 1/3kop bruinsuiker EN n 1/4kop klam bruinsuiker of is hier n fout?

Mariné Lourens ·

Dagsê Susan

Dit is inderdaad soos die resep sê – ‘n 1/3 koppie bruinsuiker en ‘n 1/2 koppie klam bruinsuiker. Hoop die vrugtekoek is heerlik!

Groete
Mariné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.