Soorte resepte:

Resep-video: ‘Romany creams’

“Romany creams” (Foto: Janie du Plessis)

Lewer ongeveer 50 aparte koekies

Bestanddele

  • 125 ml kookwater
  • 40 g kakao
  • 370 g botter of margarien
  • 325 g suiker
  • 250 g graanvlokkies, fyngedruk
  • 160 g klapper
  • 400 g bruismeel
  • 100 g sjokoladekrummels

Metode

  1. Meng kookwater en kakao in ʼn koppie.
  2. Verroom botter/margarien en suiker saam.
  3. Voeg kakaowater by bottermengsel en meng goed.
  4. Maak graanvlokkies fyn in sakkie.
  5. Gooi graanvlokkies, klapper en meel by botter-en-kakaomengsel en meng goed.
  6. Rol deeg in hande tot dit ʼn balletjie vorm.
  7. Plaas balletjies in oondplaat en druk plat met ʼn vurk.
  8. Bak vir 15 minute teen 180 °C. Laat afkoel.
  9. Smelt sjokoladekrummels en smeer dit op die agterkant van ʼn koekie. Plak dan nog ʼn koekie daaraan vas.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Allan ·

Ek sal graag die video wou aflaai, maar dit kan net gedoen word vanaf uTube en dus moet mens op die uTube “Icon” druk om die “link” oop te kry. Ongelukkig kan mens nie by die uTube “Icon” uitkom nie.

Is dit dalk moontlik vir Maroela om net hulle “speel en klank Bar” op die onderkant, af te skyf sodat dit nie op die video self verskyn nie.

Dit sal makliker wees as om te gaan soek op uTbue.

Baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.