Soorte resepte:

Resep-video: Sjokolade-lawakoek

Sjokolade-lawakoek (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dié resep is smelt-in-die-mond lekker en sal enige sjokoladeliefhebber se hart vinniger laat klop!

Lewer 3 groot lawakoekies

Bestanddele

  • 1 x sjokolade-muffinmengsel, genoeg vir 12 muffins (en bykomende bestanddele)
  • 2 x Lindt-sjokoladeballe per muffin
  • versiersuiker

Metode

  1. Maak die muffinmengsel aan volgens die aanwysings op die pakkie.
  2. Spuit ʼn blikbeker met kossproei of voer dit met botter uit. Skep lepelsvol muffinbeslag tot driekwart in die blikbekers. Bak dit vir die aangewese tyd volgens die muffinmengsel-pakkie. Laat dit heeltemal afkoel.
  3. Gebruik ʼn teelepel en kerf ʼn deel van die muffin se bokant af, maar hou dit eenkant.
  4. Gebruik die gat wat jy aan die bokant van die muffin gemaak het en hol die muffin effens uit om spasie te maak vir die Lindt-balle. Wees versigtig om nie die kante van die muffin te breek nie. Hou die stukkies muffin wat jy uithaal eenkant vir later.
  5. Sit twee sjokoladeballe binne-in die muffin (as jou muffin kleiner is, kan jy slegs een gebruik). Vul die orige spasies met die stukkies muffin wat jy eenkant gehou het en plaas dan weer die afgeskerfde bokant op sodat die muffin weer heel lyk.
  6. Mikrogolf die lawakoek net voor jy dit wil opdien vir 15-20 sekondes op hoog om die sjokolade binne-in te laat smelt. Sif versiersuiker oor en dien dadelik op.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.