Slegs 4 bestanddele vir hierdie hemelse pastei!
Lewer 1 middelslag-pastei
Bestanddele
- 1 vel skilferkorsdeeg
- sjokoladesmeer
- 2 eiergele
- 2 e melk
Metode
- Strooi meel op jou werksoppervlak en rol die skilferkorsdeeg daarop uit. Jy kan ʼn bietjie meel bo-op die deeg ook sprinkel as dit aan jou roller vassit.
- Sny die deeg in sowat ses repies.
- Smeer sowat 3 eetlepels sjokoladesmeer op elke repie en vou dit toe.
- Voer ʼn ronde oondbak uit met bakpapier en plaas die repies een vir een in die bak in ʼn spiraalvorm. Begin in die middel en las die repies elke keer na buite aan. (Kyk op die video as jy onseker is.)
- Druk die deegrolletjies met jou hand vas in die bak.
- Klits eiergele en melk saam en smeer die pastei daarmee.
- Bak by 180 °C vir 20 minute.
- Drup nog sjokoladesmeer bo-op vir versiering.
Lyk alte lekker
Oh my soul ek gaan vet word die vakansie van hierdie resep!
Dis kerstyd, dink n paar kers resepte sal mos nou goed wees vir die maand. Yule log, stollen, kerskoekies met net nie n royal icing versiering nie, (iets sonder rou eier) vrugtekoekies wat klein is vir geskenkies, nageregte vir kerstafel, kersete tafel idees met slaaie vleisdisse ens. Kom aan Maroela, dis kerstyd, stop nou met boring goed soos die deegding vol Nutella enige ou kan dit maak, sit ons in die opgewonde kersgevoel en gee ons lekker opwindende Desember/Kersfees resepte, selfs gebak wat n ma en kleinding saam kan doen met die elle lange vakansie sal gaaf wees, al is van ons se kleingoed al groot.