Soorte resepte:

Resep-video: Slimjan-koekies

Slimjan-koekies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Maklike vakansiekoekies wat die kinders sommer self kan maak!

Lewer sowat 30 koekies

Bestanddele

  • 200 g botter
  • 80 g strooisuiker
  • 15 ml water
  • 275 g (500 ml) koekmeel
  • 4 x 40 g-boksies Smarties

Metode

  1. Room die botter en strooisuiker saam in ʼn mengbak.
  2. Voeg water en koekmeel by en meng.
  3. Voeg Smarties by en meng weer.
  4. Rol die deeg in balletjies en plaas op ʼn bakplaat. (Jy kan die balletjies met ʼn vurk platdruk as jy plat koekies wil hê).
  5. Bak vir 15-20 minute teen 180 °.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.