Maklike vakansiekoekies wat die kinders sommer self kan maak!
Lewer sowat 30 koekies
Bestanddele
200 g botter
80 g strooisuiker
15 ml water
275 g (500 ml) koekmeel
4 x 40 g-boksies Smarties
Metode
Room die botter en strooisuiker saam in ʼn mengbak.
Voeg water en koekmeel by en meng.
Voeg Smarties by en meng weer.
Rol die deeg in balletjies en plaas op ʼn bakplaat. (Jy kan die balletjies met ʼn vurk platdruk as jy plat koekies wil hê).
Bak vir 15-20 minute teen 180 °.
Resep: Janie Monsieur
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.