Soorte resepte:

Resep-video: Soettand-plesiertjies

Soettand-plesiertjies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Met hierdie muffin kry jy ’n soet verrassing as jy daarin byt!

Bestanddele

  • 1 x pak sjokolademuffinmengsel en bykomende bestanddele
  • Oreo-koekies
  • karamelkondensmelk

Metode

  1. Maak die muffinbeslag aan volgens die aanwysings op die pak, of gebruik hierdie resep.
  2. Skep ’n klein eetlepel vol beslag in ’n gesmeerde muffinpan. Sit ’n Oreo-koekie bo-op en druk effens in die beslag in.
  3. Skep ’n eetlepel karamelkondensmelk op elke Oreo-koekie en vul die res van die muffinholte weer met beslag.
  4. Bak vir ongeveer 20 minute en geniet!

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.