Soorte resepte:

Resep-video: Stoute hawermout-blokkies

Dié blokkies sal jou soettand en sjokoladelus bevredig.

Bestanddele

  • 1 k margarien, in blokkies gesny en teen kamertemperatuur
  • 1 k klewerige bruinsuiker
  • ½ k strooisuiker
  • 2 eiers
  • 2 t vanielje
  • knippie sout
  • 1 t bakpoeier
  • 1 ½ k meel
  • 2 k hawermout
  • 1 ½ k sjokoladekrummels

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °

    Stoute hwawermout-blokkies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

  2. Meng botter en albei suikers saam tot romerig.
  3. Voeg eiers een vir een by en meng na elke eier. Voeg vanielje by en meng weer.
  4. Gooi sout, bakpoeier, meel, hawermout en die helfte van die sjokoladekrummels by die margarienmengsel en meng met ʼn houtlepel tot alles goed gemeng is en ʼn deeg vorm.
  5. Versprei die helfte van die deeg met jou hande in ʼn oondbak, sodat die hele bodem bedek word.
  6. Sprinkel die res van die sjokoladekrummels oor en bedek dit weer met die orige deeg.
  7. Bak vir 30 minute, laat dit vir 10 minute afkoel en sny dit in blokkies, maar moenie die blokkies uithaal nie. Laat dit vir 2 ure in yskas afkoel, en haal dan die blokkies uit die bak. Bêre in die yskas.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alicia ·

Lyk yummy, maar waar kry ek die sjokolade krummels? Hoe lyk dit of moet ek self sjokolade rasper?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.