Dit is die klamste koek wat jy ooit sal maak.
Lewer een groot koek (sowat 12 groot blokke)
Bestanddele
KOEK
- 3 k koekmeel
- 4 t bakpoeier
- 2 k suiker
- 1 t koeksoda
- 80 ml kakao
- knippie sout
- 2 k kookwater
- 1 k olie
- 10 ml vanieljegeursel
- 50 ml asyn
STROOP
- 1 k kookwater
- 1 k suiker
- 5 ml vanieljegeursel
VERSIERSEL
- 1 k suiker
- 50 ml koekmeel
- 50 ml kakao
- 375 ml water
- 50 ml botter
Metode
KOEK
- Sif droë bestanddele saam.
- Meng die res van die bestanddele saam, en meng by die droë mengsel in.
- Bak vir 20 min teen 180°
STROOP
- Los suiker in water‑en‑vanieljemengsel op.
- Druk gaatjies in die koek en gooi die stroop oor die warm koek wanneer dit uit die oond kom.
- Laat die koek effens afkoel met die stroop in.
VERSIERSEL
- Verhit al die bestanddele saam op die stoof of in die mikrogolf tot ʼn dik sous vorm.
- Gooi dit oor die koek en smeer gelyk.
Klink dekadent en n behoorlike “death by chocolate” koek:-)) Ek sal maar bly by gewone choc koek met choc ganache, hierdie klink n bietjie te soet vir my persoonlik. Maar ek is seker baie lesers sal dit geniet, die foto laat dit fantasties lyk.
4 koppies suiker?
4 koppies suiker = Stroopsoet ! soos resep se naam sê.
Eish..en die suiker is SO duur..
Gaan dit beslis probeer. My man is n soettand
Ek het 1 koppies suiker gebruik in koek en half koppie in sous en versiersel en dit was steeds lekker!
Wil gou hoor: die sous. Smelt jy die suiker in die water op die stoof?
Dit lyk nie in die video of die suiker op die stoof gesmelt word nie. Dit word net in die water ingeroer tot dit oplos.
Dagsê Carien,
Dankie vir jou navraag. Die suiker word net opgelos in die kookwater, jy hoef dit nie op die stoof te doen nie.
Gooi die kookwater in ‘n bakkie en voeg dan die suiker by, roer dit vir ‘n tydjie tot die meeste suiker opgelos is.
Lekker bak!
Groetnis
Janie nms. Maroela Media