Soorte resepte:

Resep-video: Ystervarkiekoek

Ystervarkiekoek (Foto: Janie Monsieur)

Want ʼn klein ystervarkie is nooit genoeg nie!

Lewer 1 koek

Bestanddele

  • 200 g botter
  • 1 k strooisuiker
  • 4 eiers
  • 2 k koekmeel
  • 3 t bakpoeier
  • sout
  • 190 ml (¾ k) melk

Stroop

  • 375 ml (1½ k) water
  • 80 g botter
  • 3 k versiersuiker
  • 4 e kakao
  • 1 t vanielje

Versiering

  • 1 k klapper

Metode

  1. Room botter en strooisuiker saam.
  2. Voeg eiers een vir een by en klits tot goed gemeng.
  3. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout by. Meng die melk met ʼn lepel by.
  4. Skep die mengsel in ʼn uitgevoerde koekpan en bak vir 25 minute teen 180 °

STROOP

  1. Verhit al die bestanddele saam in die mikrogolf. Verhit vir 5 minute, roer en herhaal.
  2. Laat die stroop effens afkoel voordat jy dit oor die koek gooi.
  3. Laat die koek behoorlik afkoel.
  4. Gooi die helfte van die stroop in ʼn diep bord en sit die koek daarin neer.
  5. Druk gaatjies in die koek met ʼn sosatiestokkie en gooi die res van die stroop oor die koek. Laat staan die koek so lank as wat jy wil, afhangend van hoe nat jy die koek wil hê. Ten minste 30 min.
  6. Gebruik nou ʼn skoon bord en versprei ½ koppie klapper daarin. Verplaas die nat koek na die bord met klapper in en sprinkel die res van die klapper bo oor. Versprei dit met jou hand oor die koek om dit egalig te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koekie ·

Toe ons klein was het ons sulke koeke gekoop, geel binnekant, pienk buite met klapper maar dit het ‘n ander naam gehad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.