Soorte resepte:

[Resep] Vinnige aartappels

Vinnige aartappels (Foto: verskaf)

Dis vakansie en jy is nie lus om ure voor die stoof te staan nie. Span die kinders in en berei hierdie aartappels saam voor terwyl manlief ʼn vleisie op die kole gaarmaak!

Bestanddele

  • 4 groot aartappels, ongeskil
  • 100 g botter, gesmelt
  • 60 g bruinuiesoppoeier
  • 2,5 ml knoffelsout
  • 2 tamaties, in skyfies gesny
  • 1 ui, in dun skyfies gesny

Metode

  1. Skrop aartappels met groenteborseltjie skoon.
  2. Sny in dik skyfies, maar nie heeltemal deur nie.
  3. Meng botter, soppoeier en knoffelsout en smeer die mengsel tussen elke skyf.
  4. Sit tamatie- en uieskyfies tussen die aartappelskywe. Jy kan tamatie- en uieskyfies in die helfte sny as dit beter tussen aartappelskywe pas.
  5. Plaas in oondbak en bedek met foelie. Bak vir 90 minute.
  6. Verwyder foelie, smeer bietjie olie bo-oor en bak nog 30 minute. Sit warm voor.

Bron: Vinnig & maklik: Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Niccy ·

Baie oulik…. om tyd en krag te spaar sal ek eers dit net so klaarmaak en dan in mikro golf sit tot die aartappels effens sag is. Dan in oond druk vir die laaste bruin bak.

dries du toit ·

DIS mos dan vinnig en maklik. Vet weet,ek kan in 2 ure n feesmaal op n braaivuur voorberei. REGTIG?????!!!!!!!. n Paar ertappels 2 ure?.Het nog altyd vi vroulief gesê om op te hou geldmors op die Keur

Uvonka ·

O my swak hart!!! Ek kyk net na die resep dan voel ek hoe groei my heupe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.