Soorte resepte:

Resep: Vinnige biltong-en-kruie-karringmelkbrood

Vinnige biltong-en-kruie-karringmelkbrood (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie heerlike geurryke broodjie kan tot drie dae in die yskas bewaar word. Die snye kan voor opdiening liggies gerooster word.

Lewer 1 groot brood of 2 kleiner brode

Bestanddele

  • 500 g bruismeel
  • 125-200 ml grofgekapte of fyngerasperde bees- of wildsbiltong
  • 70 g (125 ml) gebreekte koring of hawermout
  • 3 ml droë origanum
  • 3 ml droë tiemie
  • 3 ml gemengde, droë kruie
  • 5 ml sout
  • 100 ml fyngekapte vars pietersielie
  • 80 g (200 ml) gerasperde Cheddarkaas
  • 500 ml karringmelk
  • 2 eiers
  • 1-2 gekapte of gekneusde knoffelhuisies (opsioneel)

BOLAAG (opsioneel)

  • 40 g (100 ml) gerasperde kaas
  • swart- of rooipeper of knoffel-en-kruiegeursel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 ° Smeer ’n mediumgrootte broodpan (±26 cm) of twee kleiner panne (±23 cm) goed met margarien.
  2. Meng die droë bestanddele in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel, voeg die karringmelk, eiers en knoffel by en roer om ’n dik beslag te vorm.
  3. Skep die deeg in die pan(ne). Dit moet nie meer as 2/3 vol wees nie. Maak die bokant gelyk en strooi die bolaagbestanddele oor.
  4. Bak ongeveer 45 minute vir die groot brood of 35 minute vir die twee kleiner brode tot goudkleurig en deurgebak. Keer uit en sit warm voor met botter, margarien of maaskaas.

 

Bron: Lekker & Vinnig: Biltonggeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.