Soorte resepte:

[Resep] Vinnige kaneelrolletjies

kaneel-rolletjies

kaneel-rolletjies Foto: lilluna.com

So ietsie soets vir die naweek doen mos nie skade nie, of hoe?

Lewer 12

Bestanddele:

Deeg

  • 1 k warm water
  • ¾ k karringmelk (kamertemperatuur)
  • ½ k suiker
  • ¼ k botter, gesmelt
  • 3 e droëgis
  • ½ e sout
  • 2 eiers
  • 5-6 k broodmeel

Vulsel

  • 3 e botter, gesmelt
  • ⅔ k bruinsuiker
  • ⅔ k witsuiker
  • 3 e kaneel

Versiersel

  • ¼ k sagte botter
  • 3 k strooisuiker
  • 120 ml sagte roomkaas
  • 1 t vanieljegeursel
  • genoeg melk om dit maklik te laat smeer

Metode:

Deeg

  1. Meng die water, karringmelk, suiker, gesmelte botter en gis saam. Laat staan vir 15 minute.
  2. Voeg die sout, eiers en meel by. Meng deeglik en laat staan vir 10 minute.

Vulsel

  1. Voeg die gesmelte botter, bruinsuiker, suiker en kaneel saam. Hou eenkant.
  2. Strooi meel op jou werkoppervlak. Rol die deeg uit (ongeveer 30 x 40 cm).
  3. Smeer die vulsel oor die deeg en rol die deeg op. Sny in 12 groot rolletjies.
  4. Plaas die rolletjies op waspapier in ʼn bakplaat.
  5. Bak vir 15-20 minute by 200 ˚C.

Versiersel

  1. Terwyl die rolletjies bak, meng die versiersel se bestanddele en smeer op die warm rolletjies.

Besoek gerus Lilluna.com vir nog resepte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

My favourite, en die resep lyk na n treffer. Dankie Maroela, gaan hom beslis probeer.

Tanja ·

Ek het dit gemaak. Die enigste ding wat ek sal verander is MOENIE die rolletjies op waspapier sit nie. Die suiker plak vas aan die papier en dan vat dit net langer om elke stukkie van die onderkant af te trek.
Dis ‘n heerlike resep, ek het gekapte pekanneute by die vulsel gevoeg en growwe pekanneute oor die versiersel gegooi. Heerlik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.