Soorte resepte:

Resep: Vinnige rosyntjiebrood

Vinnige rosyntjiebrood (Foto: Verskaf)

Vinnig en vars!

Lewer 1 middelslag-broodjie

Bestanddele

  • 500 g bruismeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 250 ml suiker
  • 250 ml royntjies
  • 10 ml anyssaad
  • 1 eier
  • 250 ml melk
  • 250 ml water
  • 30 ml kookolie

GLASEERSEL

  • 50 ml suiker
  • 50 ml warm water

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn broodpannetjie.
  2. Meng al die droë bestanddele in ʼn mengbak.
  3. Klits die eier liggies en voeg by die droë bestanddele.
  4. Voeg die melk en water by en meng goed.
  5. Voeg die olie by en meng goed.
  6. Skep die beslag in die broodpannetje en bak vir 45 minute of tot ʼn toetspen skoon uitkom.

GLASEERSEL

Los die suiker in die warm water op en verf dit oor die broodjie.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.