Vinnig en vars!
Lewer 1 middelslag-broodjie
Bestanddele
- 500 g bruismeel
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 250 ml suiker
- 250 ml royntjies
- 10 ml anyssaad
- 1 eier
- 250 ml melk
- 250 ml water
- 30 ml kookolie
GLASEERSEL
- 50 ml suiker
- 50 ml warm water
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn broodpannetjie.
- Meng al die droë bestanddele in ʼn mengbak.
- Klits die eier liggies en voeg by die droë bestanddele.
- Voeg die melk en water by en meng goed.
- Voeg die olie by en meng goed.
- Skep die beslag in die broodpannetje en bak vir 45 minute of tot ʼn toetspen skoon uitkom.
GLASEERSEL
Los die suiker in die warm water op en verf dit oor die broodjie.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa