Soorte resepte:

[Resep] Vinnige vetkoek

Foto: Kosblikkos

Vinnige vetkoek. Foto: Kosblikkos

ʼn Warm vetkoek met plaasbotter en stroop klink mos lekker!

(Uit: Vrouekeur 3 deur Marlo Carstens)

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 500 g koekmeel
  • 500 ml karringmelk
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml kremetart
  • 7,5 ml sout
  • 15 ml strooisuiker
  • 45 ml sagte botter
  • ongeveer 750 ml olie

Metode:

  1. Sif die meel in ʼn mengbak.
  2. Meng die karringmelk, koeksoda, kremetart, sout en suiker Voeg die karringmelkmengsel by die meel en roer tot goed gemeng.
  3. Werk die sagte botter met jou hande by die deeg in en knie liggies.
  4. Bedek die mengbak met kleefplastiek en laat die deeg vir 1 uur op ʼn warm plek rus om tot dubbel die grootte te rys.
  5. Breek stukkies van die deeg af en braai in warm olie tot goudbruin en gaar.
  6. Sit warm vetkoek saam met botter en gouestroop of kerriemaalvleis voor.

Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tessie ·

Goeie Genade! Dit is mos nou net die beste ding saam met sop op die wintersdag. Mmmmm

Amber ·

Wat laat daai vetkoek rys? Die koeksoda?
Dit lyk njammies. Net die regte ding vir die koue en nat weer in die Kaap.

Karma ·

Julle, gekoopte brooddeeg by jou Pick & Pay of Spar werk net so lekker – daai is nou vir die regte lui huisvrou of beroepsvrou wat saans vinnig iets aanmekaar moet slaan. Ai, ja, lekker koud hier in die Boland – reën saggies. Laat my lus kry vir ‘n lekker bottle OBS, kaggelvuur, duvets en kussings op die vloer voor die kaggel, vetkoek met Karoo-heuning (maar ongelukkig gewone margarien!), al my honde en katte om my en ‘n lekker boek in die hand!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.