Lekker by braaivleis as ʼn mens dit warm voorsit met botter.
Lewer 1 broodjie
Bestanddele:
- 500 ml gewone jogurt
- 900 ml volkoringmeel
- 10 ml suiker
- 7 ml koeksoda
- 5 ml sout
- 5 ml suurlemoensap
Metode:
- Stel die oond op 180 °C.
- Smeer ʼn broodpan van 11 x 25 x 7,5 cm.
- Meng alle bestanddele deeglik.
- Vorm ʼn broodjie, plaas in die broodpan en bak vir 45 minute in die middel van die oond.
- Draai die pan om en bak ʼn verdere 15 minute.
- Keer die broodjie op ʼn afkoelrak uit, draai met ʼn doek toe en laat afkoel.
Resep deur Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636
Jammer maar ek het voorheen al gevra sonder om antwoord te kry. Hoekom kan mens nie die opsie hê om die resepte te druk nie, of dan te copy en paste sodat jy dit as harde kopie kan bêre, of moet jy die resepteboek aanskaf. Indien wel het die plaas van die resepte eintlik nie ‘n doel nie!
Dagsê Elza
Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.
Jy is welkom om ‘n skermskoot van die resep te maak en dit só in die kombuis te gebruik.
Uiteraard wil ons egter graag hê jy moet die uitgewers ondersteun wat hulle resepte so mildelik gratis aan ons lesers verskaf. Die resepte wat ons publiseer is inderwaarheid ‘n bemarking vir dié wonderlike boeke.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media