Vakansie sonder koekies is mos nie vakansie nie. Vlakoekies is altyd ʼn wenner en perfek vir ʼn peuselhappie voor ʼn oggendstappie op die strand.
Die deeg kan vooraf aangemaak word.
Bestanddele:
- 750 g (840 ml margarien)
- 325 g (365 ml suiker)
- 6 eiers
- 1050 g (7 ½ x 250 ml) koekmeel
- 10 ml sout
- 360 ml (210 g) vlapoeier
- 60 ml bakpoeier
- 15 ml vanieljegeursel
- Appelkooskonfyt
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180° C.
- Klop die margarien en suiker saam tot romerig .
- Klits die eiers by, dan die meel, sout, vlapoeier, bakpoeier en vanieljegeursel. (NB: Moenie al die meel op een slag byvoeg nie – meng dit bietjie-bietjie by.) Meng alles tot ʼn sagte deeg.
- Vul die koekiemaker met die deeg en druk die koekies op gesmeerde bakplate uit.
- Bak vir ongeveer 15 minute en laat afkoel.
- Plak die koekies twee-twee op mekaar met appelkooskonfyt.
- Variasie – Die koekies kan ook met versiersuikervulsel gevul word.
Bron: 101 Kleinkoekies – Nettie Cilliers
Uitgewer: Lapa
Dankie het my aan ouma Bettie laat dink.
Dankie laat my dink aan my ouers altyd gebak heerlik.