Soorte resepte:

[Resep] Vrieskaskoekies: Een deeg met ses variasies

Vrieskaskoekies met baie variasies. Foto: Carmen se beste resepte

Vrieskaskoekies met baie variasies. Foto: Carmen se beste resepte

Hier is nou vir jou is ’n absolute staatmaker om in die vrieskas gereed te hê. Die deegmengsel word in ’n rol gerol en dan in die vrieskas gedruk. Soos jy Ius kry vir koekies bak, sny jy skyfies van die rol af en bak die lekkerste koekies.

Basiese koekdeegbestanddele:

  • 700 g (5 k) koekmeel
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 2 ml (½ t) sout
  • 400 g botter in blokkies gesny (by kamertemperatuur)
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 1 x 385 g blik kondensmelk

Metode:

  1. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
  2. Room die botter en suiker tot Iig en romerig. Voeg die kondensmelk by en meng tot glad.
  3. Vou die droë bestanddele en enige van die variasies by die bottermengsel in.
  4. Rol in rolle (sowat 5 cm in deursnee). Rol toe in waspapier en plaas 24 uur in vrieskas.
  5. Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit 3 groot bakplate met kleefwerende kossproei.
  6. Sny die deeg in skyfies van 5 mm dik, soos benodig. Strooi koekkonfetti of neute oor, soos genoem by die variasies. Plaas op die bakplate en bak sowat 12-15 minute of tot ligbruin. Laat afkoel. (Hou die res van die deeg in die vrieskas vir latere gebruik).

Variasies

Klapperkoekies

Voeg 250 ml (1 k) klapper by die droë bestanddele. Marmer koekkleursel deur plastiese versiersel, druk patroontjies uit en plak op die gebakte koekies vas met versiersuiker wat met water tot ’n pasta gemeng is.

Sjokoladekoekies

Vervang 70 g van die koekmeel met kakao. Versier met koekkonfetti en bak. Plak opmekaar met karamelkondensmelk of koffiefudgevulsel, indien verkies.

Neutkoekies

Voeg 100 g elk bosbessies en gekapte pistasieneute by. Rol die deegrol in ekstra gekapte pistasieneute, sny in skyfies en bak.

Amandelkoekies

Voeg 100 g elk fyn amandels en rooi kersies by die basiese mengsel. Sny in skyfies en bak.

Gemmerkoekies

Voeg 15 ml (1 e) fyn gemmer by die basiese koekiemengsel en meng goed, verkoel 20 minute. Druk in ’n gesmeerde bakplaat. Bak 15-20 minute of tot gaar by 180 °C. Sny in vingers en plak opmekaar met karamelkondensmelk.

Koffiekoekies

Voeg 10 ml (2 t) kitskoffiekorrels, aangemaak met ’n bietjie water, by die basiese mengsel. Bak die koekies en plak opmekaar met koffiefudgevulsel.

Koffiefudgevulsel

Meng 25 ml (5 t) kitskoffie met 25 ml (5 t) kookwater en voeg 250 ml (1 k) suiker, 125 g botter en 75 ml (5 e) melk by. Verhit tot kookpunt, roer tot die suiker gesmelt is en laat kook vir 5 minute. Klop met ’n houtlepel tot dik.

Bron: Carmen se beste resepte

Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Jenny

Maroela Media se nuus is gratis en jy hoef dus nie ʼn lid te wees om dit te lees nie!

Maak dit vir jouself baie maklik om seker te maak jy mis nie iets nie:
• Besoek daagliks ons webwerf by http://maroelamedia.co.za/
• Teken in op ons daaglikse en weeklikse nuusbrief (http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/)
• Klik “like” op ons Facebook-blad (https://www.facebook.com/MaroelaMedia)
• Volg ons op Twitter (https://twitter.com/maroelamedia) of Toeter (http://www.toeter.com/MaroelaMedia/toete)
• Laai ons app af indien jy ʼn iPhone of Android-slimfoon het (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/die-lekkerste-gratis-nuus-app-is-hier/)

Lekker, Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Madeleine Southey ·

Liewe Maroela, heerlike resep vir voorsorgvrieskaskoekies! Maar hoe op aarde kry ek dit in my kombuis om te bak as ek nie diee resep kan aflaai, druk of kopieer nie? Groete! M

Sune van Heerden ·

Dagsê Madeleine

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.