ʼn Tweelaaglekkerny vol neute en vrugte wat tot 3 maande bevries kan word.
Lewer 24 blokkies
Bestanddele
- 100 ml ( 90 g) sagte margarien
- 80 ml (75 g) strooisuiker
- 1 groot eier, geskei (behou wit vir bolaag)
- 5 ml vanieljegeursel
- 300 ml (150 g) koekmeel
- 1 groot eier
- 100 ml (80 g) strooisuiker
- 100 ml (50 g) koekmeel
- 2,5 ml bakpoeier
- knippie sout
- 125 ml (80 g) vrugtekoekmengsel of sultanas
- 100 g rooi glanskersies, in kwarte gesny
- 75 g gemengde neute, gekap
- 250 ml (90 g) klapper
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 ̊C. Voer ʼn 20 x 30 cm-bakplaat met botterpapier uit en bespuit die pan en papier met kleefwerende kossproei.
- Verroom die margarien en strooisuiker tot lig en donsig en klop die eiergeel en geursel daarby.
- Sif die koekmeel en roer dit by die geroomde mengsel. Versprei die deeg op die boom van die pan en druk dit vas.
- Klits die eierwit, heel eier en strooisuiker tot lig en skuimerig.
- Sif die koekmeel, bakpoeier en sout en meng dit by die eiermengsel.
- Voeg die vrugtekoekmengsel of sultanas, kersies, neute en klapper by en meng.
- Skep die mengsel oor die deeg in die pan en maak dit gelyk met die agterkant van ’n vurk.
- Bak 30 minute by 180 ̊C, verlaag die oondtemperatuur tot 160 ̊C en bak 15 tot 20 minute tot goudkleurig en gaar.
- Laat dit in die pan afkoel voordat dit gesny word. Lig die blokkies uit die pan en bêre dit in ’n lugdigte houer.
Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Dit lyk baie lekker, maar die resep se bestanddele behoort beter uiteengesit te word. Maak onderskeid tussen watter bestanddeke vir watter laag bedoel is.