Soorte resepte:

Resep: Vrugtekoek

Vrugtekoek (Foto: Lapa-uitgewers)

Maak solank jou vrugtekoeke en laat dit staan tot Kersfees.

Lewer 10 klein koeke

Bestanddele

  • 750 g korente
  • 750 g geel sultanas
  • 1 kg rosyntjies sonder pitte
  • 750 g dadels, ontpit
  • 500 g gemengde suurlemoenskil
  • 1,5 kg gemengde geglasuurde vrugte (bv. waatlemoen, vye, pynappel, ens.)
  • 1 kg rooi glanskersies
  • 1 liter Wellington-brandewyn
  • 1 kg koekmeel
  • 65 ml (¼ k + 1 t) gemengde speserye
  • 10 ml (2 t) sout
  • 250 g gevlokte amandels
  • 500 g pekanneute, grof gekap
  • 1 kg (2 blokke) Clover Mooi River-botter
  • 750 ml (3 k) “treacle” bruinsuiker
  • 18 eiers
  • 10 ml (2 t) koeksoda
  • 15 ml (1 e) witasyn
  • 125 ml (½ k) fyn appelkooskonfyt
  • 150 g (1 bottel) gemmerstukke in stroop (die stroop moet ook gebruik word)

Bo-op

  • 2,5 liter Bertrams-brandewyn

Metode

Dis ʼn groot resep. Jy kan tien koeke van 1 kg elk van die beslag maak.

  1. Gooi die korente, sultanas, rosyntjies, dadels, suurlemoenskil, geglasuurde vrugte, kersies en die 1 liter Wellington-brandewyn in ʼn groot bak bymekaar. Bedek en laat oornag staan.
  2. Meng die meel, speserye, sout, amandels en pekanneute in ʼn groot genoeg mengbak
  3. Verroom die botter en bruinsuiker tot liggeel. Voeg die eiers by en klits weer tot goed gemeng.
  4. Meng die koeksoda en asyn tot gemeng. Roer dit by die bottermengsel.
  5. Voeg die appelkooskonfyt by die bottermengsel en roer tot alles goed gemeng is.
  6. Voer tien koekpanne met dubbele bakpapier.
  7. Voorverhit die oond tot 140 °C.
  8. Meng die geweekte vrugtemengsel, meelmengsel, gemmerstukke en die stroop.
  9. Verdeel die beslag tussen die koekpann. Maak dit gelyk bo-op.
  10. Bak die koeke vir een uur teen 140 °C. Verlaag die oondtemperatuur na 120 °C en bak die koeke vir nog ses tot sewe uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die vrugtekoek kom.
  11. Giet 100 ml Bertrams-brandewyn oor elke vrugtekoek wanneer dit uit die oond kom. Dis 100 ml per 100 g vrugtekoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Rika ·

Bestanddele, 1 liter brandewyn.
Metode, 7 liter brandewyn.
????

Tania Heyns ·

Dagsê Rika

Dankie vir jou kommentaar. Ek vra om verskoning vir die oorsig. Die resep is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Tom ·

Sjoe, ek sien nie 70kg se bestandele hier nie?? Tien koeke van 7kg elk?

Tania Heyns ·

Dagsê Tom

Dankie vir jou kommentaar. Ek vra om verskoning vir die oorsig. Die resep is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Tania Heyns ·

Dagsê Sophia

Dankie vir jou kommentaar. Ek vra om verskoning vir die oorsig. Die resep is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Zanie ·

Resep lees 1liter Wellington.. maar by die metode, punt nr 2, is dit 7liter brandewyn. Die koek kort net eish! dan sjmaak hy vorentooooeeee!

Tania Heyns ·

Dagsê Zanie

Dankie vir jou kommentaar. Ek vra om verskoning vir die oorsig. Die resep is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Ruby ·

Joh, hierdie is ‘n wenner!

Gaan ‘n paar mense ‘n ekstra skyfie gee lol.

E.K. die eerste ·

Aggneewat. Koop sommer lekker ene by Woolies net makliker en vinniger. Jammer – dis hoe ek voel want in die hitte wil ek nie eers slaai maak wat nog te sê bak en kook!

Penellope Jones ·

Het al 4 weke gelede my vrugtekoek gebak.
Hoe langer dit staan om ‘ryp te word, hoe beter.
Kersdag is darem bietjie te laat in die Kersseisoen om dan eers vrugtekoek te kan aansny!

Johnnie ·

Ek wil graag weet wat kan in die plek van brandewyn gebruik word vir die mense wat nie alkhol gebruik nie.

Spark Plug ·

Waaroor kla julle…mens kan nooit genoeg brandewyn ingooi nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.