Soorte resepte:

Resep: Wit en donker sjokolademousse-koek

Foto: Lekker en vinnig

Foto: Lekker en vinnig

(Uit: Soet en sout, Margie van Tonder)

Lewer 1 groot koek

Bestanddele:

Koek

  • 375 ml kookwater
  • 125 ml olie
  • 125 ml kakao, gesif
  • 4 ekstra-groot eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 375 ml strooisuiker
  • 500 ml bruismeel, gesif
  • knippie sout

Wit sjokolademousse

  • 10 ml gelatien
  • 30 ml water
  • 3 eiers, geskei
  • 500 ml room
  • 300 9 wit sjokolade, gesmelt en afgekoel tot kamertemperatuur
  • 10 ml roomlikeur van jou keuse
  • 10 ml water

Donker sjokolademousse

  • 10 ml gelatien
  • 30 ml water
  • 3 eiers, geskei
  • 500 ml room
  • 300 9 donker sjokolade, gesmelt en afgekoel tot kamertemperatuur
  • 5 ml kitskoffiepoeier
  • 10 ml water

Bolaag

  • 250ml room
  • 30 ml botter
  • 30 ml suiker
  • 300 g donker sjokolade, in stukkies gebreek
  • 50 g wit sjokolade, gesmelt
  • glanskersies

Metode:

 Koek:

  1. Voorverhit die oond tot 180 grade C.
  2. Meng die kookwater, olie en kakao en laat dit afkoel.
  3. lits die eiers en vanieljegeursel saam tot romerig en liggeel.
  4. Voeg die strooisuiker geleidelik by die eiermengsel, terwyl dit aanhoudend geklits word tot romerig.
  5. Klits die bruismeel en sout by en vou die kakaomengsel in. Skep die beslag in twee gesmeerde 23-cm-koekpanne en bak vir 30 minute of totdat die koek terugspring as daarop gedruk word.
  6. Laat koeke 10 minute lank in die panne afkoel, voordat dit uitgekeer word. Laat heeltemal afkoel en halveer elke laag om 4 lae te lewer.

Donker en wit sjokolademousse (volg dieselfde stappe vir beide):

  1. Strooi die gelatien oor die water en laat staan totdat dit die water geabsorbeer het.
  2. Smelt die oplossing oor ‘n bakkie kookwater terwyl dit geroer word tot goed opgelos of totdat die gelatien verhelder.
  3. Klits die eierwitte baie styf. Klits die room in ‘n groot mengbak styf. Vou die eierwitte stadig by die room in.
  4. Roer eers die sjokolade, dan die eiergele (Iiggies geklits) en laaste die gelatienoplossing stadig by.
  5. Los die koffie in die water op en roer dit ook stadig by.
  6. Plaas die koek terug in die pan en skep die donker sjokolademousse op die koekbasis.
  7. Smeer die bokant gelyk met ‘n spatel. Plaas dit in die vrieskas om ferm te word.
  8. Roer die likeur baie geleidelik en versigtig by die wit mousse sodat die mengsel nie skif nie.
  9. Skep die wit sjokolademousse in ‘n aparte losbodemkoekpan, gespuit met kleefwerende kossproei.
  10. Smeer die bokant gelyk met ‘n spatel en plaas in die vrieskas om ferm te word.

Bolaag:

  1. Verhit die room, botter en suiker oor matige hitte tot kookpunt. Roer totdat suiker gesmelt is.
  2. Voeg die donker sjokolade by en roer tot glad.
  3. Verkoel dit totdat dit verdik, maar nog gegiet kan word.

Afronding: 

  1. Haal die donker sjokoladelaag uit. Druk ‘n skerp mes tussen die koek en die pan in en maak die rand los.
  2. Plaas die koek op ‘n opdienbord.  Haal die wit sjokoladelaag ook uit en plaas dit bo-op die donker sjokoladelaag.
  3. Maak seker die rande pas perfek op mekaar. Doop ‘n mes in kookwater en smeer die rand glad.
  4. Skep die bolaag bo-oor en versier dit met strepies wit sjokolade en kersies.

Wenke:

As die verskillende lae in die vrieskas verkoel word, is dit makliker om die koek aanmekaar te sit. Die bolaag is heerlik as versiersel vir sjokoladekoek of sous oor roomys.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eliza-beth ·

Jinne klink saaaalig, maar na gans te veel werk vir my. Wie sal dit tog vir my bak??

Cecile ·

Die koek klink heerlik. Die metode/aanwysings maak egter nie sin vir my nie. Jy het 2 x 23cm stukke koek wat elk middeldeur gesny word, dws 4 dele koek. Jy het een deel wit en een deel donker sjokelade. Hoe sit mens dit aanmekaar….of gebruik mens die twee dele koek soos dit is – eers ‘n laag koek, dan ‘n laag sjokelade, dan weer ‘n laag koek en dan weer ‘n laag sjokelade?
Nou lyk dit glad nie soos op die prentjie nie. Help bietjie asb! Ek wil dit graag probeer.

Adéle Changuion ·

Hallo Cecile,
Ek sien op die foto is dit inderdaad net ʼn koekbasis met die donker en wit sjokolademousse bo-op. Hierdie resep en die foto kom net so uit ’n bestaande resepteboek, dus kan ons ongelukkig nie self wysigings aanbring nie. Jy kan egter dalk die resep toets, aanpas en “makliker maak”, as jy wil, en vir ons terugvoering gee. Hoe klink dit vir jou?
Groete, Adéle nms Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.