Soorte resepte:

Resep: Wit laagkoek

resepfoto 9 heraldsun_com_au

Argieffoto Foto: heraldsun.com.au

Bestanddele:
4 eiers
12,5 ml melkpoeier (1 e)
375 ml suiker (1½ k)
½ t sout
500 ml meelblom (2 k)
250 ml kookwater (1 k)
5 ml vanieljegeursel (1 t)
125 ml olie (½ k)
10 ml bakpoeier (hoogvol) (2 t)

Metode:
1. Klits eiers en vanielje tot skuim.
2. Voeg suiker bietjiesgewys by.
3. Klits baie goed tot mengsel liggeel is.
4. Sif meelblom, sout, bakpoeier en melkpoeier tweekeer.
5. Meng saam olie en kookwater.
6. Roer droë bestanddele bietjiesgewys by eiermengsel, terwyl menger baie stadig klits.
7. Voeg laaste olie en kookwater by en roer met ‘n houtlepel tot goed gemeng.
8. Bak in twee gesmeerde 23 cm panne vir ± 30 minute by 180°C (350°F).
9. Versier wanneer koud.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.