Soorte resepte:

Resep: Wortelbrood

Foto ter illustrasie (hierdie wortelbroodjie het ook klapperstukkies in die mengsel) Foto: easyeverydayeats.com

Lewer 4 klein of 2 groot broodjies

Bestanddele:
450 g gerasperde wortels
1 pak ontpitte dadels (250 g) fyn gesny
200 g suiker (250 ml) (1 k)
gerasperde skil en sap van 1 lemoen
10 ml koeksoda (2 t)
15 ml kaneel (3 t)
2 ml gemaalde gemmer
6 eiers geklits
1 pak pitlose rosyne (250 g)
pak glans kersies (100 g, gehalveer)
250 ml water (1 k)
250 ml kookolie (1 k)
500 g koekmeelblom (4 k) rond
10 ml bakpoeier (2 t)
5 ml sout (1 t)
2 ml gemaalde naeltjies
2 ml gemaalde neute

Metode:
1. Verhit wortels, rosyne, dadels, kersies, suiker, water, kookolie en lemoenskil saam tot kookpunt.
2. Kook 5 minute en laat afkoel.
3. Sif droë bestanddele saam.
4. Roer geklitste eiers by wortelmengsel.
5. Dan droë bestanddele by die mengsel.
6. Voeg lemoensap by en meng goed.
7. Skep in panne en bak 1 uur.

Toets of gaar is met toetspennetjie.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.