Soorte resepte:

Sagte gemmerkoekies

Argieffoto

Argieffoto

Genoeg vir ongeveer 24

Bestanddele:
2 k (280 g) koekmeel
2 t (10 ml) gemaalde gemmer
1 t (5 ml) koeksoda
¾ t (3 ml) gemaalde kaneel
¼ t (1 ml) sout
¾ k (175 g) Clover Mooi River botter
1 k (200 g) suiker
1 eier
1 e (15 ml) water
3 e (45 ml) melasse
2 e (30 ml) ekstra suiker

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 175°C en smeer ‘n bakplaat.
2. Sif die meel, gemmer, koeksoda, kaneel en sout saam.
3. Room die botter en suiker in ‘n aparte bak tot lig en donsig.
4. Roer die eier, water en melasse by.
5. Voeg die meelmengsel by die bottermengsel en meng goed.
6. Vorm die deeg in klein balletjies en rol elke balletjie in die ekstra suiker.
7. Rangskik 5cm uit mekaar op die bakplaat en druk plat met die agterkant van ‘n lepel.
8. Bak 8 tot 10 minute tot goudbruin.
9. Laat heeltemal afkoel op ‘n afkoelrakkie.

Resep oorspronklik gepubliseer in Trooskos
Uitgewer: Lapa
Prys: R175-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae