Soorte resepte:

Resep: Sagte gemmerkoekies

Argieffoto

ʼn Blik vol gemmerkoekies is altyd ʼn wenner. Ruik jy al daardie kenmerkende reuk uit jou ouma se kombuis?

Lewer ongeveer 24 koekies

Bestanddele:

  • 2 k (280 g) koekmeel
  • 2 t (10 ml) gemaalde gemmer
  • 1 t (5 ml) koeksoda
  • ¾ t (3 ml) gemaalde kaneel
  • ¼ t (1 ml) sout
  • ¾ k (175 g) Clover Mooi River-botter
  • 1 k (200 g) suiker
  • 1 eier
  • 1 e (15 ml) water
  • 3 e (45 ml) melasse
  • 2 e (30 ml) ekstra suiker

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 175 °C en smeer ʼn bakplaat.
  2. Sif die meel, gemmer, koeksoda, kaneel en sout saam.
  3. Room die botter en suiker in ʼn aparte bak tot lig en donsig.
  4. Roer die eier, water en melasse by.
  5. Voeg die meelmengsel by die bottermengsel en meng goed.
  6. Vorm die deeg in klein balletjies en rol elke balletjie in die ekstra suiker.
  7. Rangskik 5 cm uit mekaar op die bakplaat en druk plat met die agterkant van ʼn lepel.
  8. Bak 8 tot 10 minute tot goudbruin.
  9. Laat heeltemal afkoel op ʼn afkoelrakkie.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.