ʼn Blik vol gemmerkoekies is altyd ʼn wenner. Ruik jy al daardie kenmerkende reuk uit jou ouma se kombuis?
Lewer ongeveer 24 koekies
Bestanddele:
- 2 k (280 g) koekmeel
- 2 t (10 ml) gemaalde gemmer
- 1 t (5 ml) koeksoda
- ¾ t (3 ml) gemaalde kaneel
- ¼ t (1 ml) sout
- ¾ k (175 g) Clover Mooi River-botter
- 1 k (200 g) suiker
- 1 eier
- 1 e (15 ml) water
- 3 e (45 ml) melasse
- 2 e (30 ml) ekstra suiker
Metode:
- Voorverhit die oond tot 175 °C en smeer ʼn bakplaat.
- Sif die meel, gemmer, koeksoda, kaneel en sout saam.
- Room die botter en suiker in ʼn aparte bak tot lig en donsig.
- Roer die eier, water en melasse by.
- Voeg die meelmengsel by die bottermengsel en meng goed.
- Vorm die deeg in klein balletjies en rol elke balletjie in die ekstra suiker.
- Rangskik 5 cm uit mekaar op die bakplaat en druk plat met die agterkant van ʼn lepel.
- Bak 8 tot 10 minute tot goudbruin.
- Laat heeltemal afkoel op ʼn afkoelrakkie.
Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa