Soorte resepte:

Suurlemoen-meringue-tert

Suurlemoen-meringue-tert

Kors:
40 ml botter
30 ml strooisuiker
1 eier, geklits
75 ml mielieblom
187 ml koekmeel
2,5 ml bakpoeier
knypie sout

Vulsel:
397 g kondensmelk
30 ml mielieblom
45 ml suurlemoensap
3 eiergele, geklits
knypie sout

Meringue:
3 eierwitte
90 ml strooisuiker

1. Kors: Room botter en suiker tot romerig en liggeel.
2. Klits eier by.
3. Sif mielieblom, meel, bakpoeier en sout saam. Roer by bottermengsel tot deeg vorm.
4. Druk deeg met vingers in gesmeerde tertbord vas.
5. Prik bodem van kors met vurk en bak vir 10 min by 180 grade Celsius.
6. Vulsel: Giet kondensmelk in mengbak.
7. Meng mielieblom en suurlemoensap bymekaar en roer by kondensmelk.
8. Voeg eiergele en sout by. Skep in gebakte tertkors.
9. Meringue: Klits eierwitte tot stywe punte vorm en klits strooisuiker bietjiesgewys daarby tot baie styf.
10. Skep meringue bo-op vulsel en bak vir 25 min. of tot goudbruin punte bo-op vorm.
11. Sit tert koud voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leentjie ·

Net ‘n wenk wat ek erens raakgeloop het. Om te keer dat die meringue van die tert afgly, strooi bietjie maizena oor die tert voor jy die meringue opsit.

christine walters ·

Goeie dag,
Mens wil die suurlemoen mirinque tert maak,maar sien nie dat die temp,vir die oond daar wys nie.
Kan jul asb vir my dit stuur.
Baie dankie

Sune van Heerden ·

Dagsê Christine

Ons vra om verskoning – ons het nie gesien die oorspronklike resep dui nie die oondgrade aan nie. Ons vermoed dit moet 180 grade Celsius wees.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Amy

Ons vra om verskoning, ons het nie gesien die oorspronklike resep dui nie die oondgrade aan nie. Ons vermoed ook dit moet 180 grade Celsius wees.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.