Soorte resepte:

Vrugtekoekvariasie: Donker vrugtekoek

Donker vrugtekoek (Foto: Lapa-uitgewer)

’n Diep en donker vrugtekoek soos jy hom nog nooit gesien het nie.

Lewer 1 groot vrugtekoek

Bestanddele

  • 250 g elk rosyne, sultanas, versuikerde skil
  • 250 g elk rooi, groen en geel glanskersies
  • 250 g dadels
  • 150 ml (⅗ k) brandewyn
  • 500 g koekmeel
  • 25 ml (5 t) kakao
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) gemengde speserye
  • 5 ml (1 t) fyn gemmer
  • 5ml (1 t) fyn kaneel
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 500 g botter
  • 350 g sagte bruinsuiker
  • 10 eiers
  • 25 ml (5 t) gouestroop
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 5 ml (1 t) amandelgeursel – opsioneel
  • 10 ml (2 t) gliserien
  • 250 g gekapte neute
  • 100 g waatlemoenkonfyt
  • 100 g gepelde amandels
  • 5 ml (1 t) koeksoda in 15 ml (1 e) sterk, lou koffie opgelos

Metode

  1. Meng al die vrugte en gooi 100 ml (⅖ k) van die brandewyn oor. Laat dit oornag of minstens ’n paar uur staan sodat dit kan uitswel.
  2. Voorverhit die oond tot 135 ° Sif die meel, kakao, bakpoeier, speserye en sout twee keer saam.
  3. Verroom die botter en suiker en wieg die eiers een vir een by. Klop goed ná elke byvoeging en voeg klein hoeveelhede meel by om te keer dat die mengsel skif.
  4. Voeg die stroop, geursel en gliserien by die mengsel en daarna die vrugte.
  5. Voeg die droë bestanddele om die beurt met die res van die brandewyn by en meng.
  6. Voeg laastens die koeksodamengsel by en meng goed. Skep dit in die voorbereide koekpan.
  7. Bak die koek ’n uur lank by 135 °C en daarna vir tot 4 uur by 120 °C.
  8. Toets met ’n koekpen om te kyk of die koek gaar is.
  9. Die koek is heerlik as dit dadelik geëet word. Dit kan egter ook deeglik in foelie toegedraai en gebêre word. Gooi ’n bietjie brandewyn oor om die koek klam te hou.

Bron: Vallei van melk en heuning deur Riana Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.