Soorte resepte:

Vrugtekoekvariasie: Vrugtekoekies

Vrugtekoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Stel dié koekies op die proef as jy dalk nie van tradisionele vrugtekoek hou nie.

Lewer sowat 40 koekies

Bestanddele

  • 125 ml (140 ml) botter
  • 30 ml strooisuiker
  • 30 ml gouestroop
  • 100 g (125 ml) korente of vrugtekoekmengsel
  • 45 g (125 ml) hawermout
  • 100 g (185 ml) koekmeel, gesif
  • 62,5 ml rysmeel of koekmeel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Klop die botter, suiker en stroop saam tot lig en romerig.
  3. Voeg die korente en hawermout by en meng goed.
  4. Voeg die meel by en meng.
  5. Rol die deeg in ’n langwerpige rol tussen kleefplastiek en vorm ’n driehoekige staaf. Verkoel die deeg vir 30 minute of tot ferm.
  6. Sny dit in 6 mm-skywe en plaas op gesmeerde bakplate.
  7. Bak vir ongeveer 10 minute of tot goudbruin. Laat afkoel.

Resep: 101 klein koekies deur Nettie Cilliers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.