Soorte resepte:

Gelukkige Melktertdag! Word ʼn melktertmeester

Foto: Theana Breugem/FAK

Melktert is so eie aan ons Suid-Afrikaners soos braaivleis en koeksisters en dié veelsydige dis spog boonop jaarliks met sy eie spesiale dag op 27 Februarie!

Elke behoorlike familieresepteboek spog gewoonlik met ʼn “flatervrye” melktertresep en dié dis kan verskillende baadjies aantrek: van ʼn yskoue stukkie melktert wat met kondensmelk aangemaak is (en waarvoor jou ouma haar wenkbrou sal lig en die basaartannies sal kopskud en sê “dis nie ʼn regte melktert nie”), of ʼn stukkie melktert wat pas uit die oond kom met kaneel daaroor gestrooi wat jou herinner aan al die nostalgie van lekkerkuier in die kombuis.

Of jy nou vieruur al in die kombuis staan om voor sonsopkoms te bak en bekommerd is daaroor om die veerligte lagies in die deeg te kry en of jy die vinnigste, maklikste resep wil probeer, koop nou dié baie spesiale Melktertmeester-stel in Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie vir slegs R199-00.

Dié stel bevat alles wat jy nodig het en moet weet om ʼn melktertmeester te word: wenke van ʼn melktertmeester, twee resepte (ʼn maklike en vinnige melktertresep en ʼn melktertresep vir diegene wat hul geliefdes wil beïndruk), die mooiste Maroelaboom-stensil om jou liefde vir Afrikaans en melktert te bewys, bietjie kaneel en boonop ʼn boereporselein-blikbord om jou varsgebakte melktert in te bedien.

Vyf wenke van ʼn melktertmeester:

  1. Gebruik vars volroommelk, want die lewe is te kort vir laevetmelk.
  2. Die kaneel moet die geur van die melk beklemtoon – strooi met ’n sagte hand.
  3. Gebruik liefs plaasbotter, want dis die ware Jakob.
  4. Vanieljesaadjies is stukke beter as vanieljegeursel uit ʼn botteltjie.
  5. Kondensmelk-melktert is ʼn klug.

Rachel Botes (50), ’n sjef wat vir jare lank diep in die harte van menige Pretorianer gekruip het met haar uithalerdisse by die Carlton Café Delicious in Menlopark, sê Suid-Afrikaners dink melktert is volksbesit. “Mense dink dis dalk ’n eenvoudige poeding, maar daar is soveel meer daaraan.” Sy verduidelik in dié video hoe jy die perfekte melktert kan bak:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Melktert ·

Geniet die lekker melkterte vandag. Dankie vir die goeie advies hoe om egte melkterte te bak. Die resepte vir die kitsmelkterte of opgeterte melkterte is nie goed genoeg nie. ‘n Melktert moet volgens ‘n tradisionele resep gemaak word. Om melktert op ‘n koel wye Karoostoep te eet bly nog steeds vir my die lekkerste. Veral met ‘n glasie Kaapse port of soetwyn daarby.

So terloops: Maak die deeg vir die melkterte vroegoggend wanneer dit nog koel is. Jou hande moet ook nie warm wees nie. As jy die oggend humeurig of nukkerig is maak die tertdeeg liefs op ‘n ander dag. Dus jou humeur moet ook koud wees voordat jy die tertdeeg maak. Melktertdeeg, koue lug, koel hande en ‘n kalm humeur is goeie pasmaats.

Elsa ·

Melktert saam met n koppie (fyn poselein) rooibos tee dankie

Claas ·

Wat een goed idee, de melktertdag! Ik, wonend in Nederland, heb meegedaan. De taart viel erg in de smaak. Ik ga hem beslist nog een keer maken. En omdat ik vind dat jullie in Zuid-Afrika zo’n lekkere taart niet alleen voor jezelf mogen houden, stel ik voor dat we van 27 februari een internationale melktaartdag maken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.