Soorte resepte:

George Kaasfees kry nuwe naam

Foto: urmetcheesedetective.com

Foto: urmetcheesedetective.com

Vanjaar se George Kaasfees word by die Wilderness Hotel gehou en spog nie net met nuwe organiseerders nie, maar ook ʼn nuwe hoofborg.

Dié gemeenskapsfees, wat hoofsaaklik as ʼn fondsinsamelingsgeleentheid vir Laerskool Outeniqua gedien het, het aangekondig dat die fees voortaan in Wildernis aangebied gaan word nadat ʼn ooreenkoms bereik is tussen die beheerliggaam van die Laerskool Outeniqua en Wild Info.

In terme van die ooreenkoms sal die eienaarskap, regte, voorregte, verpligtinge en intellektuele eiendom aan Wild Info oorgedra word. Beplanning is reeds goed op dreef om die gemeenskapsfees van krag-tot-krag te laat groei. Die fokus bly steeds op kaas; nie net van plaaslike ondernemings nie, maar van regoor die land. Verskeie plaaslike en nasionale wynplase sal ook ʼn groot deel uitmaak van die fees.

Die Kaasfees is een van die grootste jaarlikse feeste van sy soort  en is nie net belangrik om die plaaslike ekonomie ʼn hupstootjie te gee nie, maar is ook ʼn groot toeriste-aantreklikheid waaruit die hele Tuinroete kan baat. Die oogmerk is om die fees aan te bied as ʼn gemeenskapsfees en om te verseker dat die hele gemeenskap betrek word.

Die fees vind plaas van 11 – 13 September 2015.

Navrae kan gerig word aan [email protected] of telefonies by 084 446 3422. Verdere inligting sal bekend gemaak  word by www.facebook.com/wildinfo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.