Resep uit Trooskos
1 e (15 ml) olyfolie
250 g kersietamaties, in die helfte gesny
1 knoffelhuisie, gepers
1 x 410 g-blik tamatie-en-uiesmoor
2 t (10 ml) tamatiepasta
3 basiliekruidblare, geskeur
sout en varsgemaalde swartpeper
8 velle filodeeg
¼ k (60 g) Clover Springbok botter, gesmelt
¼ k (35 g) Clover Tusser’s-kaas, gerasper
¼ k (35 g) Clover Cheddarkaas, gerasper
’n paar takkies tiemie
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Verhit die olie in ’n pan en braai die tamaties en knoffel 3 tot 4 minute. Voeg die tamatie-en-uiesmoor by en kook 5 minute totdat die water verdamp het.
- Roer die tamatiepasta en basiliekruidblare by. Geur met sout en peper en verwyder van die hitte. Laat afkoel.
- Sny elke filodeegvel in blokkies van 8 cm en verf elke stuk met gesmelte botter. Druk vyf blokke deeg oor mekaar in die holte van ’n muffinpan, sodat dit soos ’n k lyk. Vorm nog koppies met die res van die deeg. Skep die tamatiemengsel in die filokoppies en
strooi die kase oor. - Strooi tiemie oor elke tertjie en bak 15 tot 18 minute of totdat die filodeeg goudbruin is en die kaas gesmelt het.
Genoeg vir 12 mense