Soorte resepte:

Gesoek: ʼn Professionele sjokolade-proeër

Foto: Pixabay

Foto: Pixabay

Die Amerikaanse maatskappy Mondelez, wat gewilde handelsmerke soos onder meer Cadbury, Milks en Oreo vervaardig, het pas ʼn ongelooflike geleentheid vir sjokolade-liefhebbers beskikbaar gestel: Dié maatskappy is op soek na ʼn professionele sjokolade-proeër.

Mondelez het dié pos onlangs op die sosialemedia-diens vir beroepslui, Linked In, geadverteer.

Die suksesvolle kandidaat sal by dié span in die Amerikaanse deelstaat Illinois moet aansluit. Sy of haar verantwoordelikhede sal onder meer wees om sjokolade te toets, te help met die proses om ʼn spesifieke soort sjokolade tot perfeksie te vervaardig en om nuwe produkte wêreldwyd bekend te stel.

Hoe weet ek dat ek ʼn goeie kandidaat is? “Die perfekte kandidaat sal ʼn passie vir fyngebak hê, die vaardigheid om eerlik te wees wanneer hy ʼn mening moet lewer en iemand wat ywerig is om nuwe en vindingryke produkte te toets,” lui die advertensie.

Die kandidaat moet natuurlik ook ʼn goeie woordeskat hê om sjokolade na afloop van ʼn proesessie te kan beskryf.

Die professionele sjokolade-proeër sal na verwagting weekliks net meer as sewe uur tussen Dinsdag en Donderdag werk.

Vir meer inligting oor die pos, besoek Linked In.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

m ·

Sjoe dit kan net lekker wees. Ek sal glad nie omgee om heeldag sjokolade te proe nie.

Jana ·

Pick me!!! Sjoe sjokolade is DIE enigste ordentlike en voedsaamste kos wat my lyfie kan inkry.

Cara ·

LOL… Ek dink na een dag se heeldag sjokalade proe gaan daai person behoorlik soet wees :)
En om dit dag na dag te herhaal….nee dankie! Maar sal nie omgee om dit vir n dag te doen nie,ltl.

Dewald ·

Ek het die advertensie vir die pos gaan lees. Hul sê daarin dat jy net 7.5 ure ‘n week werk en dan word dit ook nog opgedeel oor 3 dae.

Ronnie ·

Ek sal selfs saans in julle fabriek slaap. Soete drome droom…

E.K. ·

Ek is in elk geval ‘n sjokolade proeër – ek word nou net nie betaal nie. Glo nie hul gaan sukkel om die pos te vul nie!

Rosemary Coetzer ·

Smaaklike kosse het niemend Al ooit teleurgestel nie maak nie saak in watse vorm dit voor kom…. daar is niks beter as om trug te sit en ‘n heerlike stik sjokelade te geniet, maar ja ongelukkig kry mens daai oomblikke wat jy iets eet en wonder “Waar het hulle verkeerd gegaan?” Daai oomblik wat net ontspanend moes wees, is nou gerioneer…. so ek dink dit is baie belangrik om iemand te kry wat jou spisiale oomblike,spisiaal kan hou!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.