Soorte resepte:

Gogga-roomys nou in SA

Gogga-roomys (Foto: Instagram via Gormet Grubb)

Daar is talle alternatiewe vir koeimelk: rysmelk, amandelmelk, sojamelk, klappermelk … maar insekmelk?

Vlieglarwe-roomys is die jongste kosgier wat Suid-Afrika getref het in ʼn roomyswinkel in Kaapstad.

Volgens die bekende restaurant-webtuiste Eat Out is Gourmet Grubb die eerste Suid-Afrikaanse onderneming wat suiwelvrye roomys wat van insekmelk gemaak word, verkoop.

“Die ysige nagereg (wat smaaklik lyk en in ʼn gewone roomyshorinkie bedien word) maak gebruik van EntoMilk, ʼn melk-alternatief wat van die larwes van swart soldaatvlieë gemaak word.”

Gogga-roomys (Foto: Instagram via Gormet Grubb)

Dié gogga-roomys kom in drie verskillende geure: donker sjokolade, grondboontjiebotter en chai latté.

“Die goeie nuus is dat EntoMilk ʼn baie hoë voedingswaarde het. Dié suiwelvrye melk is laktose-, gluten-, en suikervry. Dit is hoog in proteïen, gesonde vette en minerale soos sink, yster en kalsium,” het Eat out geskryf.

Dié nuwe melkalternatief baan die weg vir ander suiwelvrye geregte soos melktert, vla, ryspoeding, lasagne en meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

KarinB ·

Ek hou vreeslik baie van roomys, maar bly liewer daarsonder as om vliegmelkroomys te eet. Gril sommer by die gedagte daaraan!

Danie ·

Nou Kan mens die veganiste en vegetariërs op nog ‘n manier gerusstel: Hulle vreet glad nie dier materiaal nie. Hoegenaamd geen. LOL.

Brommer ·

Nou is dit nie meer die vlieg in jou melk wat opspraak maak nie, maar die melk in jou vlieg …

Priscilla Else ·

O gogga, ag ek bedoel … O gonna nee. So lus is ek nou beslis nie vir roomys nie…….. ek hou maar eerder by Mooo se produkte dankie.

Ian ·

Right – so dis letterlik maaier-melk-roomys. Jig. Ugh. Tog – as ‘n vlieg jou weer irriteer, eet vlieg roomys?

Koos ·

Hoe klein moet die persoon se hande wees wat die vlieë melk?

Avra ·

Ek maak wonderlike roomys in my kombuis sonder vlieg of insek. Van hierdie genoemde affêre weet ek nie so mooi nie.

Herman P ·

Hoe melk jy ‘n maaier? Daardie moet bloot die hele lyf in die verwerking ingaan! Klink net nie “polities” reg nie! Haha

Johanna ·

Interessant hoe ons gekondisioneer is om na iets wat vreemnd en anders is te kyk en dit sommer net af te skryf. Ja ek sluit myself daarby in. Dit is ‘n oplossing vir soveel wat intolerant of dodelik allergies is en ‘n redding vir baie. Daar is reeds hondekos op die mark wat larwes as protein gebruik waarvan min mense weet. Ons sal ook hier aan gewoond raak.

Marietjie ·

Weer iemand wat nie in die nag kon slaap nie en toe sulke verspotte goed uitgedink ! En skielik is dit mode!! Jiggggg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.