Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Oestersampioene met ’n sousie

Oestersampioene met ’n sousie (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dié sousie is baie lekkerder wanneer jy dit self maak as wanneer jy dit in die winkel koop!

Genoeg vir 2-3 mense

Bestanddele

  • olyfolie
  • 2 groot oestersampioene, in repies gesny
  • botter
  • sout en peper, na smaak
  • vars vinkel

SOUS

  • 3 eiergele
  • ¼ suurlemoen se sap
  • 1 t mosterdpoeier
  • sowat ¼ k olyfolie

Metode

  1. Gooi bietjie olie in ʼn pan saam met die opgesnyde sampioene. Stip met botter, geur met sout en peper en braai.
  2. Knip bietjie vinkel daaroor en braai tot gaar.

SOUS

  1. Gooi die eiergele in ʼn bak en voeg suurlemoensap en mosterdpoeier by. Begin dit klits.
  2. Begin nou geleidelik druppels olyfolie by die eiermengsel gooi terwyl jy aanhou klits. Jy kan olyfolie al vinniger begin byvoeg.
  3. Wanneer die sousie ʼn tekstuur vorm en dikker raak, is dit klaar en jy kan ophou klits.
  4. Gooi nou die sous oor die gaar sampioene en versier met nog vinkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.