Soorte resepte:

Pampoenmuffins met speserye

Pampoenmuffins met speserye (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié muffins is soet en geurig vir die feestyd.

Genoeg vir 12

Bestanddele:

  • 2 k (280 g) koekmeel
  • 4 t (20 ml) bakpoeier
  • 2 t (10 ml) gemaalde kaneel
  • ½ t (2 ml) gemengde speserye
  • ¼ t (1 ml) sout
  • 2 eiers
  • ¾ k (160 g) strooisuiker
  • skil en sap van 1 lemoen
  • ½ k (125 ml) Clover-volroommelk
  • ½ (115 g) Clover Springbok-botter, gesmelt
  • ¾ k (170 g) fyngedrukte gaar pampoen
  • 1 appel, geskil en gerasper

Krummelbolaag:

  • ¼ k (35 g) bruismeel
  • ¼ k (50 g) bruinsuiker
  • 1 t (5 ml) gemaalde kaneel
  • 4 t (20 g) Clover Springbok-botter
  • 2 t (10 ml) water

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer die holtes van ʼn muffinpan. Sif die meel, bakpoeier, kaneel, speserye en sout saam.
  2. Klits die eiers en suiker saam in ʼn aparte groot mengbak vir 2 minute. Klits die lemoensap en -skil, melk en botter by die eiermengsel.
  3. Vou die pampoen en appel in.
  4. Sif die meelmengsel oor die pampoenmengsel en vou versigtig in. Moet dit nie te veel meng nie.
  5. Skep die beslag in die holtes van die pan.
  6. Bolaag:
  7. Meng al die droë bestanddele saam en vryf die botter met die vingerpunte in. Voeg die water by en meng.
  8. Strooi die bolaag oor die beslag in die pan en bak 20 tot 25 minute of tot deurgaar indien met ʼn metaalpen getoets word.

Resep: Trooskos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.