Soorte resepte:

Resep: Granny Smith-appels met patatvulsel

Granny Smith-appels met patatvulsul (Foto: Lapa-uitgewers)

Die lewe is te kort om nie interessante geregte te eet nie!

Bestanddele

  • 4 Granny Smith-appels
  • 15 ml margarien
  • 125 ml suiker
  • 5 ml fyn kaneel
  • 250 ml water
  • 4 patats, geskil en in blokkies gesny

Metode

  1. Sny die appels se bopunte af en verwyder die stronk versigtig. Behou die bopunte wat afgesny is.
  2. Meng die margarien, suiker, kaneel en water in ʼn kastrol en verhit tot kookpunt. Verminder die hitte en prut tot die mengsel ligbruin is.
  3. Voeg die patatblokkies by die mengsel en prut tot die patats sag is. Druk die mengsel fyn en maak seker dat daar geen klonte is nie.
  4. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn bakplaat. Rangskik die appels op die voorbereide bakplaat. Skep die patatmengsel in ʼn versiersak en spuit die mengsel in die middel van die Granny Smith­appels. Plaas die bopunte wat afgesny is weer bo-op die appels.
  5. Bak vir 15 minute tot die appels deurgaar is, maar nog steeds vorm behou.
  6. Verwyder uit die oond, rangskik op ʼn bordjie en sit met vla voor.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê Wessel

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die vingerfout, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Angelique ·

Dieselfde as n vulsel dit maak mens nt dikker (di e word ‘ lê ‘ ) want di magie is so rond — haha ek grap nt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.