Soorte resepte:

Resep: Groente-herderspastei

Argieffoto (Foto: Rosanna Davison Nutrition)

’n Mens moet darem groente ook inkry! Beproef gerus hierdie lekkerte.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 3 wortels, geskil en in klein blokkies gekap
  • 1 klein blomkool, in florette gebreek
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 klein botterskorsie, in blokkies gesny
  • 5 ml olyfolie
  • 3 gaar patats, fyngemaak
  • 5 ml margarien
  • knippie sout
  • 125 ml melk
  • 15 ml bruismeel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 grade Celcius.
  2. Meng die wortels, blomkool, ui en botterskorsie in ’n oondvaste bak en giet die olyfolie oor. Meng die groente om seker te maak alles is goed met die olyfolie bedek en bedek die bak met foelie.
  3. Bak die groente vir 30 minute en verwyder.
  4. Roer die margarien deur die fyngemaakte patats. Voeg sout by.
  5. Meng die melk en meel goed tot dit geen klonte het nie en giet dit oor die groente.
  6. Bedek die groente met die fyngemaakte patats en bak vir 30 minute tot goudbruin.
  7. Dien saam met hoender sonder vel op.

Bron: Kook saam Kaaps, Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.