Soorte resepte:

Resep: Hoender-en-broccoli-gereg

Hoender-en-broccoli-gereg (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié eenskottel-wonder kan dié Maandag dalk net ’n bietjie beter maak.

Maak 6-8 porsies

Bestanddele

  • bietjie olyfolie
  • 3 hoenderborsies
  • 4 hoenderdye
  • sout en peper na smaak
  • hoenderspeserye na smaak
  • 250 ml (1 k) hoenderaftreksel
  • 500 ml (2 k) kookwater
  • 3 uie, gekap
  • 500-700 g broccoli, in blommetjies gebreek
  • 410 g (1 blik) hoenderroomsop
  • 125 ml (½ k) Bulgaarse jogurt
  • 125 ml (½ k) mayonnaise
  • 7,5 ml (l½ t) matige kerriepoeier
  • 400 ml (1 blik) klappermelk
  • 250 ml (l k) cheddarkaas, gerasper

Kors

  • 375 ml (l½ k) vars witbroodkrummels
  • 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
  • 45 ml (3 e) gesmelte botter

Metode

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Verhit bietjie olie in ʼn kastrol. Geur hoenderporsies met sout, peper en hoenderspeserye.
  3. Braai hoenderporsies tot ligbruin in olie. Dreineer oortollige olie.
  4. Giet hoenderaftreksel in kastrol en nog 500 ml (2 k) kookwater. Kook hoenderporsies vir 25 minute en skakel dan stoofplaat af. Laat hoenderporsies in hoenderaftreksel afkoel.
  5. Verhit nog ʼn bietjie olie in ander braaipan en braai uie tot sag.
  6. Dreineer hoenderporsies, maar behou 250 ml (l k) van hoenderaftreksel.
  7. Ontbeen en vlok hoenderporsies in kleiner stukkies.
  8. Meng broccoli, hoenderstukkies en ui.
  9. Spuit oondbak van 22 cm x 22 cm met kossproei.
  10. Skep hoendermengsel in bak.
  11. Meng hoenderaftreksel, hoenderroomsop, jogurt, mayonnaise, kerrie en klappermelk goed saam. Roer kaas ook by tot gemeng. Skep oor hoendermengsel.

Kors

  1. Meng broodkrummels en kruie. Roer gesmelte botter by en roer weer.
  2. Sprinkel oor hoendergereg.
  3. Bak vir 45 minute of tot goudbruin.

Wenk
Een groot kop broccoli is ongeveer 500-700 g.

Bron: Sterkos: Kook saam met die sterre
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tascha ·

Die hoenderdye is seker perongeluk op die bestandele lys gesit, want as ek die resep so kyk lyk die hoender fillet genoeg vir die Heerlike resep.

Tania Heyns ·

Dagsê lesers

Baie dankie vir jul kommentaar. Ons vra om verskoning vir ‘n tegniese fout. Al die hoender in die resep word wel gebruik. Die hoenderporsies verwys na die borsies en dye. Die resep is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.