Soorte resepte:

Resep: Murgpampoentjiesop

Murgpampoentjiesop (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike groentesop met baie geur!

Bestanddele

  • 15 ml kanola-olie
  • 1 x 500 g-pakkie Russiese worsies
  • 500 ml gekapte vars seldery
  • 1 kg murgpampoentjies, in skywe gesny
  • 2 x 410 g-blikkies gekapte tamaties
  • 2 groen soetrissies, ontpit en in blokkies gesny
  • 250 ml gekapte ui
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 10 ml sout
  • 5 ml suiker
  • 5 ml gedroogde origanum
  • 5 ml Italiaanse kruie
  • 5 ml gedroogde basiliekruid
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 100 ml fyngerasperde parmesaankaas (opsioneel)

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn swaarboompan en braai die worsies vir 5 minute tot bruin. Skep die oortollige olie uit die pan.
  2. Meng die seldery deur die worsies en soteer vir 10 minute tot die seldery sag is.
  3. Meng die worsiemengsel, murgpampoentjies, tamaties, soetrissies, ui, knoffel, sout, suiker, kruie en hoenderaftreksel in die bak van ʼn prutpot.

Stel die prutpot op laag en kook die sop vir 4-6 uur. Skep die sop uit sodra dit klaar is, strooi die parmesaankaas oor en dien op saam met vars broodrolletjies.

Bron: 50 Prutpot geregte

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.