Ouma Sarie sê hierdie ontbyt was voorgesit as die grootmense grênd wou wees.
Lewer 4 porsies
Bestanddele:
- 4 groot bruin sampioene
- 8 lang repies spek
- 4 eiers
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- olyfolie vir braai
- ¼ k gerasperde cheddarkaas
- hand vol gekapte pietersielie vir garnering
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180° C.
- Verwyder die sampioenstingels versigtig sodat daar nie ‘n gat in die sampioen self is nie. Hou eenkant.
- Plaas twee spekrepies oormekaar om ‘n kruis te vorm.
- Plaas een sampioen in die middel van die spek-kruis.
- Breek ‘n eier versigtig in elk van die sampioenholtes en geur na smaak met sout en peper.
- Vou die sampioen en eier met die spekrepies toe en steek met tandestokkies vas.
- Smeer ‘n bakplaat liggies en rangskik die sampioene daarop.
- Bak dit vir 30 minute of totdat die spek bros en die sampioene gaar is.
- Verwyder uit die oond, strooi kaas en pietersielie oor en sit dadelik voor.
Bron: Proe Pretville
Uitgewer: Lapa