Soorte resepte:

[Resep] Romerige aartappelgebak

Romerige aartappelgebak (Foto: Lapa-uitgewers)

Aartappels is altyd ʼn treffer. Dié gebak kan jy as bygereg óf hoofgereg voorsit!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 8 aartappels, geskil
  • Clover Farmstyle-botter
  • 1 ui, gekap
  • 200 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
  • 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
  • 45 ml (3 e) gekapte vars pietersielie
  • sout en peper na smaak
  • 375 ml (1½ k) gerasperde Clover- beleë cheddarkaas
  • 3 eiers, geklits
  • 125 ml (½ k) Clover-volroommelk
  • 250 ml (1 k) Clover- vars room

Metode

  1. Kook die aartappels in borrelende water waarby 5 ml (1 t) sout gevoeg is, vir ongeveer 15 minute tot amper gaar. Dreineer en laat die aartappels afkoel tot hanteerbaar.
  2. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ʼn groot genoeg oondvaste bak met botter.
  3. Smelt genoeg botter en braai die ui en spek tot gaar. Voeg die sampioene en pietersielie by en braai dit tot die sampioene sag is. Geur dit met sout en peper.
  4. Sny die aartappels in skywe. Plaas ʼn lagie aartappelskywe in die voorbereide bak. Strooi sout en peper oor. Skep die helfte van die spek-en-sampioenmengsel bo-op. Strooi van die cheddarkaas bo-oor. Herhaal die lae.
  5. Klits die eiers, melk en room saam tot gemeng. Giet dit oor die aartappelgereg en strooi die oorblywende kaas oor.
  6. Bak dit 40 minute lank tot liggoudbruin.
  7. Sit dit warm voor.

Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daan Erasmus ·

Ek het die resep nou 2 keer gelees. Waar is die knoffel. Daar kan mos nie ‘n aartappel gereg wees sonder knoffel nie.

E.K. ·

Sit dit in Daan, sit dit in! Ek stem saam met jou en verder jaag knoffel glo spoke weg ook nog ; D

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.