Dit is ʼn maklike manier om kinders te oortuig om groente te eet!
Bestanddele
- 6 groot bruin sampioene
- 30 ml kanolaolie
- 1 ui, fyngekap
- 3 skyfies spesery-beesvleis, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- sout en peper na smaak
- 250 ml melk
- 250 ml gerasperde Cheddarkaas
- 50 ml koekmeel
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.
- Verwyder die sampioene se steeltjies en kap dit fyn.
- Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag en deurskynend.
- Voeg die beesvleis en sampioensteeltjies by en braai vir 1 minuut.
- Voeg die knoffel by en braai liggies vir 3-4 minute tot sag.
- Giet die melk in ’n kastrol en verhit stadig tot kookpunt.
- Voeg die kaas en meel by terwyl jy aanhoudend roer.
- Prut oor baie lae hitte tot die sous begin verdik en giet dit dan oor die uiemengsel.
- Rangskik die heel sampioene op die voorbereide bakplaat en skep van die sous in die holtes van elke sampioen. Strooi ekstra kaas oor.
- Bak vir 20 minute tot goudbruin.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewers: Lapa
Spesery beesvleis? Ken dit nie! Dalk onder ander naam? Vertel ons abs
Wat is spesery beesvleis? Nie seker wat dit is nie…
Asb ja, tot Google kannie help nie. Wat is spesery beesvleis??
Heerlike resepte – net jammer daar word nie terugvoer gegee op vrae soos bv. bogemelde nie. Is spesery-beesvleis nie dalk die gekruide “Texan-steaks” nie?
Wat op dees aarde is spesery beesvleis – fyn biltong ????
Ek raai dit is daardie koue gaar beesvleis skywe in verseëlde pakkies wat in supermarkte hang by die deli…?
Ek dink hulle bedoel dalk gesperyde beesvleis. Of anders gestel beesvleis wat vooraf met speserye bestrooi of bewerk is.