Soorte resepte:

Resep: Sampioen-lekkerte

Foto: Pixabay.com

Dit is ʼn maklike manier om kinders te oortuig om groente te eet!

Bestanddele

  • 6 groot bruin sampioene
  • 30 ml kanolaolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 skyfies spesery-beesvleis, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en peper na smaak
  • 250 ml melk
  • 250 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 50 ml koekmeel

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.
  2. Verwyder die sampioene se steeltjies en kap dit fyn.
  3. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag en deurskynend.
  4. Voeg die beesvleis en sampioensteeltjies by en braai vir 1 minuut.
  5. Voeg die knoffel by en braai liggies vir 3-4 minute tot sag.
  6. Giet die melk in ’n kastrol en verhit stadig tot kookpunt.
  7. Voeg die kaas en meel by terwyl jy aanhoudend roer.
  8. Prut oor baie lae hitte tot die sous begin verdik en giet dit dan oor die uiemengsel.
  9. Rangskik die heel sampioene op die voorbereide bakplaat en skep van die sous in die holtes van elke sampioen. Strooi ekstra kaas oor.
  10. Bak vir 20 minute tot goudbruin.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ek vra jou ·

Spesery beesvleis? Ken dit nie! Dalk onder ander naam? Vertel ons abs

Marlise ·

Asb ja, tot Google kannie help nie. Wat is spesery beesvleis??

wilma ·

Heerlike resepte – net jammer daar word nie terugvoer gegee op vrae soos bv. bogemelde nie. Is spesery-beesvleis nie dalk die gekruide “Texan-steaks” nie?

Ella ·

Ek raai dit is daardie koue gaar beesvleis skywe in verseëlde pakkies wat in supermarkte hang by die deli…?

Realis ·

Ek dink hulle bedoel dalk gesperyde beesvleis. Of anders gestel beesvleis wat vooraf met speserye bestrooi of bewerk is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.