Soorte resepte:

Resep: Souttert

Souttert (Foto: Lapa-uitgewers)

Die souttert is blitsvinnig en baie maklik!

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 1 bossie spinasie, geblansjeer en gekap
  • 1 klein ui, fyngekap
  • 250 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 1 x 380 g blikkie ingedampte melk
  • 4 eiers
  • 60 ml koekmeel
  • 10 ml mosterdpoeier
  • 7 ml sout
  • 5 ml peper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondvaste pasteibak.
  2. Meng die spinasie, ui en kaas in die pasteibak.
  3. Meng die res van die bestanddele en giet in die pasteibak.
  4. Bak vir 35 minute tot gestol.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daan Erasmus ·

Asb. Vir die sensitiewe lesers moet daar gewaarsku word: Die is n vegetariese resep.
Of gee ons ‘n opsionele bestanddeel.

Bettie ·

Wonderlik, vir die NIE vleiseters, of vleislose dae… Dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.